Heinrich Köhne was gister die wenner van die Omaruru Spar-fietsrit wat uit sy nate gebars het.
Tweede was Ingram Cuff, ook van Windhoek, en derde Omaruru se eie Gene Spangenberg.
Vir Heinrich was dit ’n triomf ná sy tweede plek die vorige week tydens die Nedbank Classic.
Oor afstande van 100 km, 60 km en 25 km was inskrywings sowat twee keer meer as in 2011.
Die weer was asof die fietsryers dit bestel het toe die groep gister om 09:00 op Omaruru op die roete op die Kalkfeldpad weggetrek het.
|
|
|